Spyskaart vir Johnny Hamman se boekbekendstelling

SKRYFYSTER / Spyskaart vir Johnny Hamman se boekbekendstelling

Spyskaart vir Johnny Hamman se boekbekendstelling

Geagte foodie-vriende, spits julle ore en strek julle kookspiere – Johnny Hamman (Kokkedoor-wenner en all around awesome homo sapien) se kookboek Een Maal is nou op die rakke.

Hoewel ek nie met die inhoud van die boek te make gehad het nie, het ek wel die voorreg gehad om die taal vir die spyskaart van die boekbekendstelling op te tert. Anine van Love Your Brand het soos gewoonlik die kersie op die koek gesit met haar lekker uitleg.

Hier is die uiteindelike produk. Klink dit nie heerlik nie? Gaan koop sommer nou jou getekende eksemplaar op die Slippery Spoon webwerf!

Category:

Afrikaans, Food Writing, Print